Home
Accommodation
Accommodation
Local Accommodation [Lodge & Restaurant for the best accommodation in Springbok, Northern Cape]
Stay
Local Accommodation Die Ankerhuis Springbok
Accommodation
Kallie Fisher Accommodation Springbok
Accommodation
Captain's Cabin
Local Accommodation Ou Dokters Springbok
Local Accommodation Keerom Springbok
Eat
Art
Read
Explore
Show a map
iReflect
iReflect
iReflect
Kinderlê
Richtersveld Transfrontier National Park
Vioolsdrif
Fort At Anenous
Klipfontein Hotel
Pella
Orbicule National Monument
The Synagogue
Cornish Beam Pump
Okiep - Cemetery
Van der Stel Mine
Smelter smoke-stack
Goegap Nature Reserve
First Dutch Reformed Church
Klipkerk
The Blue Mine
Klipkerk in Concordia
Anglican Church
Council Tree
Messelpad & The Old Jail
Horse Mill
Namaqua National Park
Soebatsfontein – The fountain
Bowesdorp
Kamieskroon
Darter’s Grave
The Methodist Church
Letterklip
Hondeklip Bay
Hondeklip Bay
Contacteer ons
Mijn winkelmandje
Aanmelden
Verkoopprijslijst
Verkoopprijslijst
Vorige
3
4
5
6
7
8
9
Volgende
Sorteer op
Catalogus prijs: Hoog naar laag
Catalogus prijs: Laag naar hoog
Naam: A naar Z
Naam: Z tot A
Toon categorieën
Gifts under R 100
Verkoop
Die Goorste Week Ooit!: Maandag
R
199,00
R
199,00
199.0
ZAR
Het jy al ooit 'n GOOR WEEK gehad?
Justin Chase het, en dis hoekom:
Sy ma het so pas met 'n vampier getrou. Sy pa ry in 'n reusetoilet op wiele rond. Sy kat is waarskynlik deur aliens ontvoer. 'n Psigopatiese boelie maak sy eerste dag in 'n nuwe skool 'n nagmerrie. En op die oomblik hang hy voor sy hele klas aan die punt van 'n duiktoring wat tien meter hoog is en al wat hy aanhet, is 'n gehekelde swembroek wat nou vinnig verdwyn.
En dis nog maar net... Maandag!
Verkoop
Vind uit!: Wetenskap
R
180,00
R
180,00
180.0
ZAR
Wou jy al ooit weet wat weerlig is?
Of wie ontdek het waarom voorwerpe grond toe val?
Nou kan jy uitvind!
Dié boek is propvol verrassende wetenskaplike feite en ongelooflike prente. Dis 'n klein boek vol groot idees.
Verkoop
Die Boekwinkel tussen die Wolke
R
220,00
R
220,00
220.0
ZAR
Welkom by Kop in die Wolke.
Ella se gunstelingplek op aarde. 'n Plek vol towerkrag, waar wonderlike dinge met jou kan gebeur.
Hier kan jy tweedehandse boeke koop wat ruik na raaisels en avonture en dagdrome (en, om nou doodeerlik te wees, 'n klein bierjie na sweterige sokkies). Tussen die rakke was 'n avontuur wat Ella se hele lewe gaan verander... as sy dapper genoeg is.
Verkoop
Op die Maat van Maya
R
220,00
R
220,00
220.0
ZAR
Maya is oortuig van drie dinge:
1. Sy wil n
Verkoop
Kies-jou-avontuur: Die Gevaarlikste Boek op Aarde
R
170,00
R
170,00
170.0
ZAR
Kies versigtig... Hierdie avontuur kan gevaarlik wees!
Gretha maak 'n groot fout wanneer sy haar stiefsussie se sprokiesboek uit wraak vernietig. Want nou bevind sy en haar beste vriend, Hannes, hulle in die kininkryk van Fantastorië, waar ongekende gevare wag. Saam met 'n iesegrimmige kabouter moet hulle die sprokieswêreld deursoek vir vyf unieke legkaartstukke, sodat die Towerspieël hulle dalk sal toelaat om terug te keer huis toe...
Wees Gewaarsku:
Hierdie boek is ANDERS as enige ander boek.
Daar is meer as 30 verskillende eindes vir die storie - en JY is die een wat moet kies!
Is jy dapper genoeg om hierdie avontuur te begin? Is jy slim genoeg om die regte keuses te maak en vir Gretha en Hannes te help om uit die gevaarlikste boek op aarde te ontsnap?
Verkoop
Charlie en die Groot Glashyser
R
240,00
R
240,00
240.0
ZAR
Meneer Wonka is miskien 'n genie wanneer dit by sjokolade kom, maar Charlie en sy mense vertrou glad nie sy vliegvermoëns nie.
Veral aangesien die ding waarmee hy rondvlieg 'n glashyser is en dit buite beheer in die stratosfeer rondzoem...
Verkoop
Reg in die Middel van Nêrens
R
180,00
R
180,00
180.0
ZAR
<Vandre kyk op. "Hel!" skree hy van skrik. Ys trek deur sy are; sy hande klem die tablet vas. Hy koes. "Pasop, Pa!"
Hulle is in die draai. Hy wéét hulle gaan dit nie maak nie.
Die bakkie se agterkant skuif op die los bogrond. Flitse wit kalkgrond, geelwit gras en blou lug tuimel oor mekaar. Tussendeur die afgryslike klank van metaal wat skuur en skree, die gebrul van die dieselenjin en glas wat breek.
Dit voel soos 'n eeu voor die voertuig ophou rol.
Dis binne sekondes verby.>
Op soek na hulp vir sy pa na 'n lelike motorongeluk, verdwaal Vandre heeltemal in die onbekende, dorre Boesmanland. Dis 'n stryd vir oorlewing teen die natuur, teen homself en teen die herinneringe wat hom jaag.
Verkoop
Spaghetti tussen jou tone
R
180,00
R
180,00
180.0
ZAR
Tom en Trevor se nuwe juffrou is amper te goed om waar te wees. Sy word NOOIT OOIT kwaad nie. Maar Tom en Trevor hou van poetse bak. Dit is hulle spesiale talent! Daarom begin hulle dadelik planne maak. Planne om die nuwe juffrou WOEDEND te maak!
Verkoop
Die Mooiste Stories van Helena Lochner
R
240,00
R
240,00
240.0
ZAR
"Die Hans Christian Andersen van Suid-Afrika" - dit is die erenaam wat aan Helena J.F. Lochner gegee is. Hierdie geliefde Afrikaanse skrywer van kinderverhale en sprokies is in 1951 oorlede, maar haar verhale is tydloos en kalssiek, nes dié van Andersen.
Die bundel bevat 'n keur van haar mooiste stories, soos die bekende "Ou tante Langtand", "Die pratende pot", "Die apies jaag resies" en "Ou meneer Springer".
Verkoop
Die Storie van Wetenskap
R
190,00
R
190,00
190.0
ZAR
Vanaf die vroegste tye wonder mense hoe dinge werk en wat ons wêreld laat lyk soos dit lyk. Danksy duisende jare se eksperimente en idees, het ons al allerlei dinge uitgevind!
In hierdie boek maak jy kennis met die geniale gedagtes en eureka-oomblikke agter die grootste wetenskaplike ontdekkings in die geskiedenis van die mensdom - swart gate, mane, magnete, mikroskopiese wesentjies, die waarheid oor hitte en lig, wat plante eet, DNS, dinosourusse, atome, asteroïedes en X-strale - en sommer nog baie, baie meer.
Verkoop
Melkweg
R
195,00
R
195,00
195.0
ZAR
Op een van die laaste somerdae sit drie kinders in hul klubhuis op die muur rondom Ou Yster SV: Oskar, sy ouer broer, Bossie, en hul vriendin Gesie. Die klubhuis het nie 'n dak of mure nie, en ook niks anders wat by 'n klub pas nie. Kyk hulle af, is daar geen teken van die avonture wat op hulle wag nie.
Al wat hulle sien, is Melkweg, 'n rustige straat waar 'n bejaarde vrou haar stokou worshond uitlaat. Dis asof die tyd stilstaan en dit altyd somer sal bly. Dan stel Bossie voor dat hulle 'n weddenskap aangaan, en skielik is alles in rep en roer.
Verkoop
Wie skrik vir Wortel Wolf?
R
170,00
R
170,00
170.0
ZAR
Wortel Wolf is eensaam. Sy huis is die enigste in Stofstraat... tot drie nuwe intrekkers hulle opwagting maak. Aha, bure kuier mos oor en weer en sy knoffel is juis op. Hy sal moet gaan kennis maak!
In hierdie drie bekende stories het Wortel Wolf 'n paar verassings in sy mou.
Verkoop
Frikadel die Spookhond
R
160,00
R
160,00
160.0
ZAR
Is dit 'n hond?
'n Deursigtige Jack Russell?
Soos 'n... spookhond?
Hugo Roets weet nie of hy bang moet wees nie. Hoeveel mense het al 'n spookhond gesien?
Dis mos ongelooflik!
Maar dit is net die begin van die storie...
Frikkadel moet 'n nuwe huis kry. Daar is net een probleem: Hoe kry mens 'n vir-altyd-huis vir 'n spookhond?
Verkoop
Virus
R
220,00
R
220,00
220.0
ZAR
Bly wag van daardie goed wat in die strate ronddwaal. Selfs al lyk hulle soos jou familie en vriende, jou buurman of buurvrou, die ou of meisie op wie jy jou hart verloor het. As jy gelukkig is, verskeur hulle jou binne sekondes. As jy nie so gelukkig is nie en dit oorleef... wel, dís die scary deel.
Net sewe dae. Dis al wat nodig is om die wêreld tot stilstand te ruk.
'n Week gelede was Jake nog 'n doodgewone sewentienjarige. Nou is hy een van die enigste oorlewendes in 'n verwoeste stad. Daarom vat hy die pad op soek na sy pa. Maar ná die uitbreking van die virus is die wêreld 'n vreemde, skrikwekkende plek.
Verkoop
Vrydag is ek Verlief
R
220,00
R
220,00
220.0
ZAR
Elle Olivia is 'n kragtige lysiemaker wat haar hele lewe fyn probeer beplan, want sy glo alle slegte dinge gebeur op Vrydae.
Na 'n belaglike insident waarin sy 'n meme geword het (natuurlik op 'n Vrydag), is haar op die nippertjie aanvaarding by Kovsies om medies te studeer 'n nuwe begin vir haar.
Maar na nóg 'n belaglike verwarring, bevind sy haarself in die laaste situasie waarin sy wil wees: die kollig. Sy moet Conrad Trubleu, gewilde kitaarspeler en hoofsanger van die boyband Vuurvreter, se fake meisie wees. Hierdie is só nie deel van haar plan.
Verkoop
Z-A-K: Die Blou Planeet
R
200,00
R
200,00
200.0
ZAR
Mitch het 'n knop op sy maag, hy weet iéts gaan gebeur. Iets slegs. En dan land die ruimtewesens in Deltaville en ontvoer inwoners van die dorp.
Mitch en sy beste vriend, Lionel, besef dat dit hulle taak sal wees om die inwoners te red.
In 'n ander wêreld, op die planeet Zenkion, is Imke besig om oor die Blou Planeet, Aarde, te leer. Haar ma was 'n Aardling en dit beteken Imke is half-Blou Planeter, half-Zenkioniet. Al wat Imke wil doen, is om die blou waters van die Blou Planeet te sien. Sal sy die kans aangryp om na hierdie planeet te gaan?
Al is die planeet besig om aangeval te word...?
Mitch en Imke se wêrelde ontmoet in hierdie verhaal oor ruimtereise, ruimtewesens en 'n soeke na die plek waar elkeen behoort.
Verkoop
Tot Siens, Koning Arthur
R
195,00
R
195,00
195.0
ZAR
<Ma skeur 'n boks visvingers oop en strooi die inhoud uit in die pan. "Ek het sulke high hopes vir jou gehad. As daar nou een kind was van wie mens high hopes kom hê, was dit jy. En nou't jy alles opgemors."
"Sorry." Met meer gevoel, hierdie keer.
Dis waar. Wat kan ek sê? Die Rise and Fall van Guinevere Sylvia van der Merwe.>
Dis Desember aand die einde van Sylvia se graad 11-jaar, maar sy weet nie waar sy haar matriekjaar gaan doen nie. En van haar toekomsdrome is daar niks oor nie. Minstens is alles niet net sleg nie - haar hunk van 'n boyfriend is nog net so smoorverlief op haar, en die dienswerk by die ouetehuis os darem nie te sleg nie, al dring suster Pretorius daarop aan om haar Guinevere te noem.
Jy het jou bed gemaak en nou moet jy daarop slaap, sussie. Dis wat Ma altyd sê. Dis wat die Van der Merwe-vroue doen.
Verkoop
Oor 'n motorfiets, 'n zombiefliek en lang getalle wat deur elf gedeel kan word
R
210,00
R
210,00
210.0
ZAR
Soms is die einde net die begin van 'n nuwe avontuur.
Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag op pad huis toe by 'n winkel stilhou om aandete te koop.
Sy ma weier sedertien om uit die huis te kom. Sy suster stel net in haar kêrel belang. Sy oom praat nie eintlik nie. En Martin? Hy verkoop smiddae eiers en doen snags somme as hy sukkel om te slaap.
Maar op 'n dag ontmoet Martin vir Drikus.
Drikus wat aan 'n siekte ly wat na iemand vernoem is. Drikus wat daarvan droom om sy eie zombiefliek te maak.
Wat volg, is 'n wegholrit met skouhoenders, skelms, zombies, moeilike somme... en die mooiste meisie in die skool.
Verkoop
Die Engelsman in my slaai
R
155,00
R
155,00
155.0
ZAR
Lehandi trek dikbek saam met haar ma terug Vrystaat toe en moet al weer in 'n vreemde dorp aanpas. Haar pa en sy flooze verwag 'n nuwe baba en boonop is Drayke myle ver in Pretoria en besig om haar boodskappe te ignoreer. Dit lyk nie of die long-distance-relationship-ding vir haar gaan werk nie. al probeer sy hoe hard. Veral aangesien Garth Johnson - elke girl se droomou en elke onderwyser se nagmerrie - sy bes doen om dinge behoorlik om te krap. Wanneer Lehandi in sy seegroen oë kyk, weet sy net een ding: Hier kom mega-groot moeilikheid.
In "Ek en Prins Donkerkuif" - die eerste titel in hierdie reeks - was Lehandi se graadtien-jaar vol struikelblokke en drama. Maar dit lyk beslis of die nuwe jaar n
Verkoop
Perfek
R
170,00
R
170,00
170.0
ZAR
Blonde hare...
Helderbou oë...
'n Skitterwit glimlag...
Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan...
Vorige
3
4
5
6
7
8
9
Volgende