Home
Accommodation
Accommodation
Local Accommodation [Lodge & Restaurant for the best accommodation in Springbok, Northern Cape]
Stay
Local Accommodation Die Ankerhuis Springbok
Accommodation
Kallie Fisher Accommodation Springbok
Accommodation
Captain's Cabin
Local Accommodation Ou Dokters Springbok
Local Accommodation Keerom Springbok
Eat
Art
Read
Explore
Show a map
iReflect
iReflect
iReflect
Kinderlê
Richtersveld Transfrontier National Park
Vioolsdrif
Fort At Anenous
Klipfontein Hotel
Pella
Orbicule National Monument
The Synagogue
Cornish Beam Pump
Okiep - Cemetery
Van der Stel Mine
Smelter smoke-stack
Goegap Nature Reserve
First Dutch Reformed Church
Klipkerk
The Blue Mine
Klipkerk in Concordia
Anglican Church
Council Tree
Messelpad & The Old Jail
Horse Mill
Namaqua National Park
Soebatsfontein – The fountain
Bowesdorp
Kamieskroon
Darter’s Grave
The Methodist Church
Letterklip
Hondeklip Bay
Hondeklip Bay
Contacteer ons
Mijn winkelmandje
Aanmelden
Verkoopprijslijst
Verkoopprijslijst
Vorige
28
29
30
31
32
33
34
Volgende
Sorteer op
Catalogus prijs: Hoog naar laag
Catalogus prijs: Laag naar hoog
Naam: A naar Z
Naam: Z tot A
Toon categorieën
Books
Childrens
Christian
History
Fiction
Nature
Food
Comics
Anthologies
Travel
Teenage & Young Adult
Art & Picture
Giant Picture Books
Poetry
Non-fiction
Memoir & Autobiography
Gifts under R 100
Gifts under R 100
Gifts under R 100
ANTHOLOGIES
|
ART
|
CHILDREN
|
CHRISTIAN
|
COMICS
|
FICTION
|
FOOD
|
GIANT PICTURE BOOKS
|
HISTORY
|
MEMOIR & AUTOBIOPRAHY
|
NATURE
|
NON-FICTION
|
POETRY
|
TEENAGE & YOUNG ADULT
|
TRAVEL
Find Your Next Read at Springbok’s Favorite Bookshop
Verkoop
Op die plaas: Flori tel tot tien
R
120,00
R
120,00
120.0
ZAR
Flori is kwaad en sy tel oor en oor tot by tien. Haar maats ken haar nie so nie. Hulle wil haar help om beter te voel, maar weet nie hoe nie. Toe stap hulle maar agter haar aan en tel saam met haar sover as wat hulle loop. Hoe lank gaan Flori kwaad bly?
Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie.
Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang.
"Op die plaas-emosiereeks" bied 'n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil help om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit 'n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer.
Verkoop
Lea gaan skool toe
R
180,00
R
180,00
180.0
ZAR
Lea wil nie skool toe gaan nie. Skool maak haar bang en daar is nie maatjies wat met haar wil speel nie. Maar dan lees haar mamma vir haar uit die Kinderbybel dat sy nie bang hoef te wees nie, en dat Jesus baie lief is vir haar! Lea besluit om skool maar nog 'n kans te gee.
"Lea gaan skool toe" is geskryf deur Zuléka Smit, skrywer van die gewilde Ben-reeks wat die boeke "Ben gaan skool toe", "Ben en die groot toets" en "Ben en die boelies" insluit. Zuléka is 'n onderwyser en 'n mamma wat die hart van 'n kind verstaan.
Verkoop
Te poenankies vir woorde
R
130,00
R
130,00
130.0
ZAR
Verkoop
Tussen die lyne
R
140,00
R
140,00
140.0
ZAR
Wil jy FANTASTIESE stories en SKREEUSNAAKSE rympies skryf?
Is jy gereed om jou VERBEELDING vrye teuels te gee?
Kort jou opstelle 'n bietjie WOEMA?
Wel, hier is goeie nuus... Jy is nooit te jonk om te begin skryf nie!
Tussen die lyne van hierdie prettige aktiwiteitsboek help die gewilde topverkoperskrywer JACO JACOBS kinders speel-speel om hul skryftalent te ontwikkel.
So, waarvoor wag jy nog? Maak jou potlood skerp en laat die pret begin!
Verkoop
Rondomtalie
R
220,00
R
220,00
220.0
ZAR
Verkoop
Hoe werk dit? 33 projekte vir slimkoppe
R
300,00
R
300,00
300.0
ZAR
Verkoop
Weg
R
200,00
R
200,00
200.0
ZAR
Niekie verdwyn spoorloos. Kort nadat sy en haar kêrel baklei het...
Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers al voorheen die pad gevat sonder om enige iemand te sê.
Maar haar kêrek, Zack, is bekommerd. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Sal sy sommer net wegbly uit die skool sonder om enige iemand te sê? Hoekom antwoord sy nie sy oproepe nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom?
Toe Zack boonop haar woonstel verlate aantref, wéét hy iets is verkeerd. Baie verkeerd. Niekie se verfkwaste staan nog net soos sy dit gelos het.
Zack is seker Niekie is ontvoer. En saam met hule vriende begin hy 'n spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei... voor dit te laat is.
'n Naelbyt-spanningsverhaal vir tieners wat jou tot op die laaste bladsy sal laat asem ophou.
Verkoop
Baster
R
240,00
R
240,00
240.0
ZAR
Terwyl Karel self vir Potlood begrawe, neem hy hom voor om nooit weer 'n hond te hê nie. Nooit, nooit, nooit weer nie. "Ek sal seker maak ek raak nooit weer lief vir 'n hond nie, want ek wil nooit weer voel wat ek vandag voel nie," sê hy vir sy meisie. Maar gerugte van honde-ontvoerings en wrede onwettige hondegevegte, laat sy pad kruis met 'n baster-foksterriër wat heeldag aan 'n paaltjie vasgemaak, moet oorleef. Van daardie oomblik raak Karel en Baster se lewens so verweef dat hulle eindelik saam uitvind dat die pyn wat hulle tot nou toe leer ken het, nie kan opweeg teen die pyn wat nog sou kom nie.
Verkoop
Vat die regte pad - Jesus s'n
R
260,00
R
260,00
260.0
ZAR
Verkoop
In die teenwoordigheid van die Allerhoogste
R
300,00
R
300,00
300.0
ZAR
Verkoop
Vyf verlore vere
R
220,00
R
220,00
220.0
ZAR
Colette, 'n klein hennetjie, ontdek die gans, Viviane, se verlore veer tydens haar daaglikse uitstappie en besluit om dit te gaan teruggee. Kort daarna ontdek Viviane op haar beurt 'n verlore veer. Dit behoort sekerlik aan Gaston, die kalkoen, wat ook 'n veer verloor het.
Maar hoekom waai sulke mooi vere die wêreld vol?
Verkoop
Lisa Liefbesie se sewe verlore kolle
R
180,00
R
180,00
180.0
ZAR
Ontmoet Lisa Liefbesie, 'n pragtige liewenheersbesie met bloedrooi vlerkies en helder swart kolle. Sy is geliefd deur al die diere op die groot plaas waar sy woon. Maar op har verjaarsdag gebeur iets skrikwekkends - haar mooi kolletjies verdwyn spoorloos! Volg Lisa op 'n opwindende avontuur terwyl sy soek vir haar kolle. Ontmoet vriende soos Kollehond, Bessie die frieskoei, en Takelane Tarentaal, wat almal probeer help om die raaisel op te los.
Sal Lisa haar kolletjies vind voordat haar verjaarsdagpartytjie verby is?
Verkoop
'n Klein bietjie magic
R
230,00
R
230,00
230.0
ZAR
Soms voel dit net of daar 'n bietjie magic in die lug is...
Toe Janke se pa-hulle besluit hulle gaan nie hierdie Desember op Gourits vakansie hou soos gewoonlik nie, is sy nie baie beïndruk nie. En nog minder toe sy uitvind hulle gaan vir vier weke na die piepklein, geïsoleerde kusdorpie McDougallsbaai in die Noord-Kaap. 'n Piepklein dorpie saam met 'n oorbeskermende ma is NIE Janke se idee van 'n prettige vakansie nie...
Ten minste is daar 'n oulike buurseun, Stefan, wat vinnig die ligpunt van Janke se vakansie word. Daar is net iets aan Stefan se sjarme en die verlatenheid van die dorpie onder die groot sterrehemel wat haar laat voel daar is iets magical in die lug... En wie weet wat kan gebeur?
Verkoop
'n Hart is net Atome
R
230,00
R
230,00
230.0
ZAR
Poh die Ystervuis. Dis wat Poh se beste vriend, Theo, haar noem. Na jare se oefen het sy hierdie jaar haar oog op die Gouevuistoernooi. Die enigste probleem is dat haar baie tradisionele Chinese pa net mooi niks wil weet van sy dogter se boksdrome nie.
Asof Poh en haar pa se konstante baleiery daaroor nie genoeg is nie, het sy nog 'n probleem: Sy is stilletjies verlief op Theo, maar hy het skielik net oë vir Nisa - die gewildste meisie in die skool. Tot almal se verbasing stem Nisa in om met Theo uit te gaan, maar Poh vermoed sy het 'n verskuilde agenda.
Die Ystervuis gaan haar handskoene vir 'n ander soort geveg moet aantrek. Sy beraam 'n plan om te keer dat Theo in Nisa se kloue beland. Poh moet net seker maak sy boks nie bo haar gewig nie...
Verkoop
Jock van die Bosveld
R
180,00
R
180,00
180.0
ZAR
Ontmoet 'n paar dapper en oulike diere van regoor die wêreld!
Verken die Bosveld saam met Jock, 'n dapper hond met die hart van 'n leeu!
Ontdek wat gebeur wanneer 'n donkie sy lyf ambulans hou.
En maak kennis met Gregory, 'n brilpikkewyn wat die geselskap van mense bo die van pikkewyne verkies het.
Verkoop
Vreesloos
R
230,00
R
230,00
230.0
ZAR
Vreesloos?
Elle is vrekbang. Haar matriekjaar spoed ten einde. Sy wil briek gooi, want sy weet nie of sy kans sien vir 'n lewe anderkant die rooibaksteenmure van Gravitas nie. Waar ander meisies planne maak vir hul groot matriekvakansie, probeer sy daarvan vergeet. Sy wil elke laaste oomblik met oorgawe geniet. Soos die matriekdans.
Op hierdie dans gaan sy 'n laaste kans kry om haar stempel af te druk. Dit moet onvergeetlik wees, veral vir die nuwe hoofmeisie en die graadelfs. Alles is droommooi: van die statige ou skoolgeboue tot haar metgesel in sy donker pak. Alles is supermega-stylvol: van die oerwoud in die skoolsaal tot die gourmetdisse op die tafel. Mevrou Bender is op haar pos, goedkeurend en in beheer. Wat kan verkeerd loop? Net mooi alles.
As haar droomdans dan wel onvergeetlik is, maar om al die verkeerde redes, meot Elle keuses maak. Sy en Refilwe moet die gevolge dra, want hulle is die beeld van Gravitas.
En wat wag vir Elle en Refilwe aan die einde van die eksamen? Gaan dit 'n vakansie in 'n pienk bikini wees, of verblyf in 'n tronksel in 'n oranje oorpak?
Verkoop
Op die plaas: Smiley verloor sy glimlag
R
120,00
R
120,00
120.0
ZAR
Smiley het sy glimlag verloor. Hy is nie vandag so vrolik soos ander dae nie. Sy maats help hom om na sy glimlag te soek, maar toe hulle dit nie kan kry nie, besluit hulle om maar liewer sokker te speel. Almal speel baie lekker saam, maar is dit genoeg om Smiley weer te laat glimlag?
Klein mensies ervaar dikwels groot emosies wat hulle bang en onseker kan laat voel. Maar hulle is nie alleen nie.
Karamel die koei, Smiley die donkie, Tjoppie die vark, en Flori die hoender is baie dieselfde. Hulle raak ook bly en kwaad en hartseer en bang.
"Op die plaas-emosiereeks" bied 'n goeie wegspringplek vir ouers wat hulle kinders wil help om hulle emosies beter te verstaan en te hanteer. Hulpbronne sluit 'n emosiewiel in, met die nodige woordeskat om die komplekse wêreld van emosies beter te navigeer.
Verkoop
Geological Journeys
R
480,00
R
480,00
480.0
ZAR
Verkoop
Saunders' Field Guide to Gladioli of South Africa
R
550,00
R
550,00
550.0
ZAR
"Saunders' Field Guide to the Gladioli of South Africa" is a distillation of days spent in the field by Rod and Rachel Saunders, studying gladioli. Organised into seven sections, this thorough and easy-to-use guide will ensure quick identification of all 166 South African species.
• A short history of gladioli sets the scene, followed by key information to facilitate identification.
• In-depth species descriptions and photographs detail each plant and its habitat. Accounts are augmented with notes from Rachel Saunders' journals.
• Distribution maps indicate where species haven been recorded and flowering months are given to each plant.
• An illustrated glossary unpacks difficult botanical terms.
Lavishly illustrated with over 1,300 photographs, "Saunders' Field Guide to Gladioli of South Africa" is set to become the definitive guide to these elegant plants.
Verkoop
Fynbos Feetjies
R
250,00
R
250,00
250.0
ZAR
Dit is omrede sy fynbos - die smalblaar-, struikagtige plantegroei van die streek - dat die suidwestelike en suid-Kaap benoem is as een van die wêreld se ses planteryke: die Kaapse Blommeryk. Met 'n oppervlakte van minder as 90 000 vierkante kilometer is dit die kleinste planteryk ter wêreld. Tog is dit die tuiste van 8 600 plantspesies, waarvan 5 000 nêrens elders voorkom nie.
Fynbos is 'n vermenging van vier plantsoorte: protea-struike, heideagtige erikas, rietagtige restio's en 'n verskeidenheid bolplante. In die Kaapse Blommeryk groei 69 van die wêreld se 112 proteas, 526 van sy 740 erikas en onder sy bolplante word 96 van die wêreld se 160 gladiolusspesies aangetref. Op sy eie spog Tafekberg met byna 1 500 fynbosspesis.
Met "Fynbosfeetjies" bring Antjie Krog en Fiona Moodie, wat albei gereeld op die hange van Tafelberg gaan stap, hulde aan een van die natuurwonders van die wêreld. Antjie, geïnspireer deur Cicely Mary Barker se "A World of Flower Fairies", het die bal aan die rol gesit deur verse to skryf oor verskillende blomplante wat deur minstens een denkbeeldige wesentjie bewoon word.
Fiona het elke plant, insek en gediertetjie wat in hierdie boek afgebeeld is, nagevors. Die feetjies en ander droomwesentjies is haar eie skeppings, maar blomme, goggas en diertjies het sy by die natuur afgekyk en noukeurig nageteken.
Vorige
28
29
30
31
32
33
34
Volgende