Suidooster-Kombuis
Ruik jy dit ook?
Die geure van die Ruiterbosch-kombuise wat saam met die suidoos dwarsdeur jou TV-skerm tot in die hart van jou huis waai? Pot-uitlek soet-hoenderkerrie, varsgebakte speserykoekies en geurige tamatiebredie...
"Suidooster"-aanhangers smeek hul geliefde sepie-gesinne al lank vir 'n kookboek met hul gunstelinggeregte, en hier is dit nou!
Mrs J, Mymoena en Stefan neem die voortou:
"Ons deel ons resepte sodat familietradisies, ons kos en feestelikheid kan aangaan. Dis niks uitspattig nie. Ons kook uit ons harte met bestanddele soos liefde en joy."
Geniet 'n groot sny marvellous melktert terwyl jy na Mrs J se raad luister. Hoor AB wat vir Mymoena sê: "Shukraan, my darling, vir die heerlike samoesas," terwyl jy ook proe. En probeer self Stefan se Oos Wes-staatmakers. Hierdie boek vier die vermenging van kultuur, tradisie en nostalgie wat familie en vriende se lief en leed met kos saambind. Dis pure magic, my mens!
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.