God in 'n Kantelende Wêreld
Hierdie unieke bundel is die produk van samewerking tussen Suid-Afrikaanse en Nederlandse teoloë. In 'n twintigtal artikels oor geloof en kerk in veranderende kontekste work gesoek na antwoorde op drie vrae: Wat is die verantwoordelikheid van die kerk teenoor die armes? Vertoon die kerk as geloofsgemeenskap vandag nog die beeld van God? En op watter manier word oor en met God in die erediens gepraat?
Van aktuele belang vir alle Suid-Afrikaners is bydraes waarin armoede in Suid-Afrika en Nederland vergelyk word en 'n bespreking van die wyse waarop regstellende aksie en werkloosheid Suid-Afrikaners se geloofsbelewenis kan raak. Die steeds brandende kwessie van kerkvereniging in die NG Kerk-familie kom ook onder die loep.
Zodra de gebruiker ten minste één product heeft bekeken, is dit fragment zichtbaar.