Nou's ons in ons donner in
295.00 295.00 295.0 ZAR
Openbaring
295.00 295.00 295.0 ZAR
Vammelewe se vuurstories vat vlam
340.00 340.00 340.0 ZAR
"Vammelewe se vuurstories vat vlam" is die vyfde boek uit die pen van Gert Sarrisam. Hy neem die leser op sy eiesoortige manier op reis deur die wel en wee van die mense van Namakwaland. Soms met 'n traan en 'n tikkie heimwee, maar meestal met 'n glimlag, nie net vir die storie self nie, maar vir die kostelike manier waarop Gert dit oorvertel.
Elders
300.00 300.00 300.0 ZAR
In Mei 2015 reis "Weg"-joernalis Erns Grundling na Europa om die Camino Francés, die bekende en gewilde pelgrimstog in Spanje, op sy eie te gaan stap. Hy is onvoorbereid, oorgewig, beseer en onfiks. Daarby is hy volledig ontnugter deur homself, die liefde en die lewe self. Hy klim ook op die vliegtuig met 'n dringende "Weg"-artikel wat eers móét klaar voor hy met sy swaar rugsak in die pad mag val.
"Elders" vertel die verhaal van Erns se staptog van een duisend vyf en twintig kilometer oor veertig dae, wat hy sonder 'n selfoon, kamera of horlosie aangepak het. In 'n tyd wat ons almal toenemend onder beleg voel weens die onmiddellikheid van selfone en sosiale media, ontdek hy die ware betekenis en beloning van om in die oomblik te leef.
Hy raak meer as een keer verlief, loop sy doppelgänger raak, beleef 'n reeks avonture en ontmoet kleurryke karakters, skud meer as tien kilogram af en kom tot waardevolle nuwe insigte langs hierdie eeue oue roete van innerlike transformasie.
Hierdie is 'n ongelooflike boek - 'n reisverhaal en memoir wat behalwe vir 'n fisieke avontuur ook 'n deernisvolle blik bied op die ewe kosbare binnereis. Erns het juis gaan stap om weg te kom van skryf. Eers met sy terugkoms sou hy besef hy het 'n storie om te vertel.
Die binneland in
310.00 310.00 310.0 ZAR
/ Ek gaan sit alleen op een van die banje. In die halfskemerte van 'n kerkgebou kom jy makliker by die haldskemer plekke in jouself uit. Hier besef jy dat jou siel oud is, so oud soos die sterre self...
Dan ry ek stadig weer deur die slaggate terug na die N4. /

Dana Snyman reis land-in, op soek na sekerheid en lig. In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraïne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof.
In hierdie bundel verken hy veral geloof, van sy eerste bekering by 'n avontuurkamp tydens sy laerskooldae tot waar hy 'n kers aansteek in 'n Franse katedraal. Dana rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton, Gerrie "Bomber" Coetzee, en oom Pieta de Jager. Daar is ook reünies - van matriekklasse tot ou skoolvriende en die Bok-span wat in 1981 teen die All Blacks gaan speel het. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou, en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlê het. Hy trek sy ma se "Kook en geniet" met sy vergeelde kleefbandstrokies nader.
Hier ná 60 leer Dana met onsekerheid saamleef. Nie 'n moedelose, desperate onsekerheid nie, maar 'n hoopvolle onsekerheid. Want die heelal is deurdrenk met die Groot Misterie.
Seun
320.00 320.00 320.0 ZAR
Dana Snyman deel in "Seun" die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980's. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy 'n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in 'n gewese bediendekamer in Pretoria.
Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word 'n seun 'n man? 'n Seun wat nie 'n meisie se aandag kan trek nie? 'n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie?
Met "Seun" neem Dana lesers in sy vertroue. Dit is 'n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van 'n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.
Kanniedood
315.00 315.00 315.0 ZAR
<"Sien djy nie? Dit gaan nooit end kry nie. Daar gaan altyd nog 'n Kalla wees, nog 'n Ben, 'n Louw, 'n Malherbe, 'n Jak. Nog 'n Ellis. Ek verstaan, djy wou my beskerm. Djy't geskrik, ons almal het. Maar dit was mý Bloedskuld, Ben. Mýne. Djy't 'ie vir my kans gegee om 'n besluit te maak'ie en kyk die posisie waarin ons nou is. En 'it stop nooit'ie! Ek wil terugbaklei. Ek willie terugsit nie. Nie die keer'ie.">

Dis die Branderjaers se matriekjaar en alhoewel Ben Palmer van plan was om sy kop laag te hou, loop alles skeef. 'n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met 'n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie. Maar as jy 'n Palmer is, is jy 'n Kanniedood - jy kan enigiets survive. En Ben moet aanhou baklei: in die arena, in die turf war... en vir wie hy werklik is. Kalla kry ook nie háár verlede afgeskud nie. Die nag toe sy in die niemandsland aangeval is, het alles verander. Nou het sy 'n kans om seker te maak daar is nie nog 'n victim nie. Om dinge reg te stel en vir eens haar eie keuses te maak. Al moet sy alles om haar afbrand.

Dis nie hoe legacy werk nie. Maar wat as dit kon?
Die Laaste Kanariegeel Notaboek
320.00 320.00 320.0 ZAR
Donker Web
285.00 285.00 285.0 ZAR
"Greg Owen is oorlede. 'n Span duikers het sy liggaam gister uit die Canale Grande in Venesië gehaal."
Dis wat die koerante in die Turret Media-groep oor my berig.

Greg Owen is dood. Kan dit waar wees, ná alles wat gebeur het?

Ja, ek was in Venesië, waar die hoofkanaal soos 'n reuseslang deur die stad kronkel, en ja, iemand is uit die donker water gehaal. Maar ander mense was saam met my daar. Ons was vyf.
Een van hulle is dood.
Hierdie is ons storie.


Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skaduwee van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom?
My Groot Lofkleuter-Bybel 2
320.00 320.00 320.0 ZAR
Uit die pen van geliefde sanger Jan de Wet kom nog 50 Bybelverhale. Hierdie stories is spesifiek geskryf met die kleingoed in gedagte, en met lewenswaardes en gebede wat maklik is om te verstaan.

Die kleurvolle illustrasies en gratis liedjies saam met elke storie, maak elke verhaal 'n spesiale leeservaring!
Makgadikgadi Pans
280.00 280.00 280.0 ZAR
Lying between the perennial waterways if the Okavango Delta to the northwest and the arid Kalahari to the south are the legendary Makgadikgadi Pans, one of the largest salt complexes in the world. Some 12,000 square kilometres in extent, these salt flats - comprising two large pans, Sowa and Ntwetwe, and a myriad smaller ones - are Botswana's best-kept secret and one of its fastest-growing tourist destinations.

In this first, fully illustrated guidebook on the pans, Grahame McLeod explores this fascinating region, revealing its varied landscapes, geology, wildlife, vegetation and climate. Along the way he uncovers its diverse attractions: Nata Bird Sanctuary, Lekhubu Island, the Boteti River, Mosu Escarpment, Makgadikgadi and Nwai Pans National Park, and the small towns and villages along the pans' fringes.

An inspiring read and packed with more than 200 photographs, this guide also includes:
• detailed full-colour maps
• advice on where to stay
• activities and events throughout the year
• travel details, including contact information

Informative, practical and user-friendly, this is an invaluable on-the-spot guide to the alluring salt sea of the Makgadikgadi Pans.
Marinda se Koskas
280.00 280.00 280.0 ZAR
Marinda se Kinderkombuis
300.00 300.00 300.0 ZAR
Hierdie kookboek is vir kinders, nie vir grootmense nie!

"Marinda se kinderkombuis" is 'n kleurvolle kookboek met 'n kinkel. Benewens resepte is daar 'n skatkis van wenke hoe kinders by kosmaak kan baat, asook hoe bak-en-brou die jongspan op 'n pretmanier help met wiskunde, wetenskap, lees en skryf.

Leer saam met Sjef Sout om 'n omelet te maak, brood te bak, taai hoendervlerkies te rooster, slaai in 'n bottel te pak, en die fraaiste kolwyntjies te versier. Dit is net 'n paar van die liplekker resepte uit "Marinda se kinderkombuis".

En dan is daar die eksperimente wat Prof Pretzel demonstreer. Die kombuis word 'n laboratorium wanneer hy wys hoe om 'n kleureskouspel met melk op te tower, 'n eier in 'n glas water te laat val, kristalle te kweek, en nog meer.
Die Suid-Afrikaanse Lugbraaier Kookboek
340.00 340.00 340.0 ZAR
Agent Snoet 5-in-1
290.00 290.00 290.0 ZAR
Sy naam is Snoet. Agent James Snoet.

En hy is 'n speurder. Die soort wat leidrade uitsnuffel en ingewikkelde raaisels oplos. Maar die eintlike meesterbrein agter dié suksesvolle speurder is Felino, sy slim Siamese kat. Felino het nou wel reeds agt van sy nege lewens verloor, maar hy skrik vir net mooi niks. Saam beleef hulle allerlei avonture wat jou heerlik naels sal laat kou!

Vyf fantastiese strokiesprente in een boek...
Wat is die geheim agter die verdwyning van die kosbare Botterdiamant?
Wie is die meesterbrein agter 'n gevaarlike katte-rebellie?
Waarom is 'n BBH (Baie Belangrike Hond) se lewe in gevaar?
Wat is die Groen Genugtig?
En wat gebeur as 'n gevaarlike wapen, die Windlawaai, in die verkeerde hande beland?
Die Koning se Paddaboutjies
290.00 290.00 290.0 ZAR
Eendag was daar...

...'n prinses wat 'n bruidegom uit sewehonderd prinse moet kies, maar nie een enkele prins het haar vlinders op haar maag laat kry nie.
...'n vismotvissertjie wat 'n baie spesiale vis in sy net gevang en dit nie teruggegooi het nie.
...'n aantreklike prins wat baie graag buitentoe wou gaan, maar sy oorbeskermende ouers wou dit nie toelaat nie.
...'n gees in 'n bottel wat baie ver van sy huis was en vreeslik terugverlang het.
...'n dapper riddermeisie wat besluit het om die aantreklike prins uit sy oorbeskermende ouers se kasteel te red.
...en daar was ook 'n koning was vreeslik graag paddaboutjies geëet het. Totdat hy op 'n dag self in 'n padda verander het.

"Die koning se paddaboutjies" is 'n versameling van vyftien snaakse en roerende moderne sprokies.
Vat 5!
270.00 270.00 270.0 ZAR
"Haasmoles"
- Jaco Jacobs & Maja Sereda

Simon is verveeld. Dit reën al die die hele dag lank buite. Maar dan BONS, BONS, BONS iets teen die trappe op. Twee lang ore verskyn agter sy bed... en nog twee... en nog twee... Dis weer HAASMOLES!


"Parmant"
- Leon de Villiers & Alzette Prins

Parmant stap deur die bos, maar almal karring aan hom. Meerkat wil sy keel kielie, Vlakvark wil sy magie krap en Jakkals wil oor sy skubbe streel. "Nee!" sê Parmant elke keer: "Dit is my lyfie en ek sê: nee, nee, nee!" Sy ma is sommer baie trots op haar dapper seun wat al die diere so op hulle plek sit.


"Die Coolste Ouma op Aarde"
- Marita van der Vyver & Zinelda McDonald

Is jou ouma so cool soos myne? Ontmoet 'n paar fantastiese oumas... Party oumas hou van rockmusiek of kan jou leer boomklim. Ander oumas laat jou die lepel aflek as hulle koek bak of kan seerplekke beter soen. Maar een ding is seker: 'n Regte, egte ouma is altyd hope pret!


"Karla Krullebol"
- Theresa van Baalen & Chris Venter

Karla Kriel met haar krullebol hou glad nie van hare was nie. Sy kam nie graag haar haardos nie en maak dit ook nooit vas nie. Karla se ma is moeg gepraat. Daarom besluit sy Karla hoef nooit weer haar hare te was of te kam nie. Karla is natuurlik baie in haar noppies! Maar dan gebeur iets vreesliks...


"Prinses Mossienes"
- Wendy Maartens & Alida Bothma

Vandat die mossies onder die stoepdak nesmaak, sit Dina elke dag vir hulle en kyk. Sy het die mossies nog nooit sien stry nie. Maar Mamma en Pappa stry deesdae aanmekaar. Daarom steek Dina vere in haar hare en sit 'n kroon op haar kop. Dan is sy nie meer Dina nie. Sy is Prinses Mossienes. En sy vlieg na 'n plek waar alles beter is... 'n Sensitiewe, verbeeldingryke verhaal oor wat gebeur wanneer ouers skei.
Slym
265.00 265.00 265.0 ZAR
Welkom op die eiland Molm...

Hierdie eiland is die tuiste van 'n groot groep gemene grootmense. Die skool, die park, die speelgoedwinkel en selfs die eiland se roomystrokkie behoort aan gruwelike grootmense wat dit terdeë geniet om kinders aaklig te laat voel. En die eiland word besit deur die gruwelikste grootmens van almal - tannie Frieda Vraat!
Iemand moet iets aan die saak doen. Maar wie sal dapper genoeg wees?
Ontmoet Ned - die buitengewone seun met 'n spesiake superkrag: SLYMKRAG!
Die Ysmonster
265.00 265.00 265.0 ZAR
Londen, 1899.
Hierdie storie gaan oor 'n weeskind wat tien jaar oud is en 'n mammoet wat tienduisend jaar oud is...

Elsie hoor van die geheimsinnige YSMONSTER - 'n wolhaarmammoet wat by die Noordpool ontdek is - en is vasbeslote om meer daaroor uti te vind... Elsie kom van aangesig tot aangesig met die mammoet en beleef die avontuur van 'n leeftyd - van Londen af, oor ontstuimige oseane, tot in die hatjie van die Arktiese sirkel!
Die Gedierte in die Gange
295.00 295.00 295.0 ZAR
Brittanje, 'n honderd jara van nou af...

Londen lê in puin, die mense is honger en die hele koninkryk is in stikdonkerte gehul. Prins Alfred, 'n tingerige boekwurm, het nog nooit die veiligheid van Buckingham-paleis verlaat nie. Toe Alfred se geliefde ma, die koningin, na die Londense Tower weggesleep word, moet die seun al sy moed bymekaar skraap om op 'n epiese avontuur te gaan sodat hy haar - en die hele wêreld - kan red.

Reis vooruit in tyd en geniet hierdie fantastiese avontuur - 'n storie vol mites wat jou tot reg aan die boeiende einde vasgenael sal hou.