Dromers
130.00 130.00 130.0 ZAR
Dans is Byron Carelse se hele lewe. Dit is sy energie, sy passie, sy geluk... sy vonk. Wanneer die ritme sy lyf beetkry, vergeet hy van die probleme wat by die huis op hom wag.

Sy beste vriendin, Tasha, sê altyd hy moenie toelaat dat ander mense sy vonk steel nie. Maar sy weet nie van die dinge wat by die huis gebeur nie. En dalk is dit beter so. Wat sal sy van hom dink?

Op 'n dag sien iemand Byron se talent raak. Hy kry saam met 'n groepie ander kinders die kans om deel te wees van 'n glansryke vertoning by die kunstefees. Die die kans om groot drome te droom, groter as die arm gemeenskap waar hy bly. Maar wat doen jy as die lewe jou drome probeer steel?
Môre as ons groot is
150.00 150.00 150.0 ZAR
Môre begin die toekoms...

DIS MATRIEKAFSKEID - die wonderlikste aand in elke tiener se lewe. Maar wat gebeur wanneer dit verby is, wanneer selfs die after party end kry?
Vier jongmense staan op die grens van hulle grootmenslewe.
Liza, Quin, Noku en Wayne kom elkeen uit verskillende agtergronde en die toekoms lyk ook vir elkeen van hulle anders.

In hierdie dramateks neem vier vriende afskeid van hulle skool, hulle vriende, hulle kindwees... en dalk hulle drome.
Nova: Sterreloper
140.00 140.00 140.0 ZAR
Niks sal ooit weer dieselfde wees nie.

Lucas ken Nova-eenheid se geheime. Hy het met sy eie oë die eksperimente in die laboratoriums gesien: die monstermense, die verskrikte ruimtewesens in die tenks. En hy verstaan nou waar sy vriende se spesiale kragte vandaan kom. Hulle was ook daar, in daardie laboratoriums, jare gelede. Hulle was ook eksperimente. Al verskil is, hulle was die suksesverhale...

Maar daar is geheime wat Lucas steeds nie ontrafel het nie. Wie is die geheimsinnige Sterreloper wat gereeld vir hom boodskappe stuur? Wat beteken die vreemde visioen wat hy in sy broer se oë gesien het? En waarom wil die grootkoppe van Nova-eenheid hom en sy vriende skielik met vakansie see toe stuur? Lucas vermoed dit gaan nie net 'n gewone vakansie wees nie. Dit voel asof dinge nou op 'n manier in plek begin val. Eendag sal hy dalk die groter prentjie kan sien en nie meer net die legkaartstukke nie... Is Lucas en sy vriende gereed om die grootste geheim van almal te ontdek?
Perfek
170.00 170.00 170.0 ZAR
Blonde hare...
Helderbou oë...
'n Skitterwit glimlag...

Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net 'n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het 'n plan...
Thomas@skaduwee.net
130.00 130.00 130.0 ZAR
Thomas se hele wêreld ruk tot stilstand toe sy meisie, Alex, hom uit die bloute los. Boonop lyk dit of sy beste pel, Hannes, vooraf van alles geweet het. Asof dit nie erg genoeg is nie, maak die skoolhoof en die twee skoolboelies weer Thomas se lewe moeilik.
Toe hy in skooltyd wegglip om van die hele spul weg te kom, hoor hy per ongeluk 'n geheime gesprek - twee mans bespreek planne om 'n besending onwettige vuurwapens van die hawe tot in die hartjie van Kaapstad te smokkel. Die smokkelaars beplan om 'n netwerk van geheime tonnels te gebruik wat onder die stad deurloop.
Kort voor lank is Thomas vasgevang in 'n duister onderwêreld van smokkelary - en sy lewe is in gevaar...
Krag
200.00 200.00 200.0 ZAR
ALDEN VALTENTYN IS NIEMAND NIE.

Hy plaas 'n foto can homself, sonder sy hemp, op Instagram. En word die bespotting van die skool.
Maar dit sal binnekort verander.
In die gym.
Met gewigte.
En die KRAG in die naalde.

"Wat is die ergste wat kan gebeur?"
Afkop
150.00 150.00 150.0 ZAR
Alles gaan oukei wees, het Decker gesê.

'n Wilde partytjie.
'n Gesteelde kar.
'n Jaagtog wat in chaos eindig.
'n Sak vold geld.

Trent se ouers is die naweek weg en los hom alleen by die huis. Ná 'n rowwe partytjienag saam met sy vriende wat met 'n wilde jaagtog en 'n motorongeluk eindig, word Trent met 'n moeilike besluit gekonfronteer: Wat moet hy doen met die geld wat hy op die ongelukstoneel gekry het?
En kan hy regtig sy vriende vertrou?

'n Doller-as-kop-af spanningsverhaal waarin dinge in regte Tarantino-styl skeefloop en die leser behoorlik aan sy sitplek moet vasklou om by the bly met al die naelbyt-aksie.
Thomas@murder.net
130.00 130.00 130.0 ZAR
Thomas is moving to a new house, and he hates the idea with a passion. Even though his stepmother, Louisa, is quite cool, having a new half-brother or -sister is something Thomas is definitely not looking forward to. To make matters worse, the house they are going to live in is an ancient Victorian place.
Before long, all sorts of weird stuff starts happening in their new house. Thomas hears footsteps in front of his bedroom door at night; doors mysteriously start opening and closing by themselves, and his printer starts spitting out one weird message after another. Could their new house be haunted?
Thomas and his friends Hannes, Alex and Thabo decide to try and solve the mystery of the old house - a mystery that could lead them into great danger...
Branderjaer
235.00 235.00 235.0 ZAR
<"Bitter! Bitter! Bitter!" Louw gooi sy volle gewig agter sy vuis, ruk dan terug en sien hoe Beast sy neus vashou. Soos gewoonlik sê sy brein en sy lyf "nee". Dis die teenoorgestelde van wat hy wíl doen. Maar in die Kring gaan dit nie oor wil nie. Dit gaan oor wat jy móét doen. Almal in die Kring het skuld - Bloedskuld. En die Branderjaers het 'n moerse prys om te betaal.>

Deidre Anker se lewe is veilig, onder beheer. Sy het egter nie op Louw Swanepoel gebargain nie. Louw is een van dáárdie ouens. Die ou wat homself in stormwaters sal gooi vir 'n gevaarlike brander of teen 'n krans sal afduik vir 'n oomblik van adrenalien. Waaghalsig. Windgat. Alles wat Deidre nie kan verdra nie. Maar hoe meer tyd sy saam met Louw spandeer, hoe meer besef sy hoe verkeerd sy was. Daar is iets aan hulle, die Branderjaers: Vuur, Kannie, Klippies, Stoke en Bitter. Vyf seuns in 'n hegte broederskap gesmee deur gedeekde pyn en skuld. Sý wil die een wees wat al Louw se geheime ontrafel.

Want dis alles of niks. 'n Mens kan nie halfmas lewe nie.
Brand
240.00 240.00 240.0 ZAR
Mense wil altyd dinge verduidelik, 'n verklaring hê om die wêreld en al sy misterie te verstaan. Hulle dink nie dat 'n skoolseun in die middel van die nag 'n boom sal wil brand nie.
Wat gaan hulle sê wanneer hy die dag die ou huis brand?

Arian pas nie in by sy gesin nie. Sy broer en suster is die uitblinkers. En Arian? Hy is die mal een wat die skoolberader moet gaan sien omdat hy vreemde goed in sy huiswerkboek krap. Maar niemand weet van sy ander plan nie...


"Dis maar hoe liefde werk, ou girl. Nie almal wat jy stalk, gaan van jou hou nie."
"Jy is vieslik."
Maddy lag. "Dis net 'n grappie. Maar ernstig, nie elke ou van wie jy hou gaan van jou hou nie, Es. Vir daardie dae is daar hartseer liedjies. Jy kry jou tissues, huil jou hart skoon, probeer vergeet en gaan stalk iemand anders."

Estie se ma is oorlede. Haar pa se aandag is by die nuwe vrou in sy lewe. En Estie? Sy is die verlore siel van die skool wat skelm foto's van Arian neem, hom huis toe volg. En uitvind van sy geheim...
Wildfire
330.00 330.00 330.0 ZAR
'There is something I'm missing... something I've forgotten. But what?'

Trapped in a world in which she clearly does not belong, Annabel tries to make the most of her life despite the strange abnormalities. However, that all changes in a single day. Now in a world as dangerous as it is wonderful, she discovers her life intertwined with both questions and dark magic.
Following the inquiry of a mysterious visitor, Annabel and her two best friends embark on a journey to save countless lives before it's too late. Astonishing revelations are made along the way, foreshadowing the massive journey ahead... and then there's still the lingering question.
What happened eight years ago?
Vuurvreter
250.00 250.00 250.0 ZAR
<"Dis alles Bloedskuld, Malherbe. Dis die kruks, is dit nie?" sug Charlie en tuur uit oor die water. "Jy gee hulle net soveel as wat jy wil."
"Dis skuld." Sy stem wankel. "Jy moet betaal tot jy klaar is... Jy kan nie terughou nie. Dis nie hoe dit werk nie."
"Wat as dit kon?" vra sy, met daardie amper-glimlag. "Niks meer as wat jy wil nie. As hulle dink hulle kan meer uit jou kry... is jy 'n goner."
"Charlie?" fluister hy, maar die wind ruk dit weg. Dit gebeur in 'n oogwink. Een oomblik is Charlie daar, teruggetrekte skouers, hare in 'n stralekrans. Die volgende oomblik is sy weg.>

Malherbe "Vuur" Albertyn beplan om die somer in Kransbos te spandeer om die magiese Ylwoud te vind. Desperaat op soek na antwoorde, na iets buiten die Bloedskuld wat hy en sy Branderjaer-broers steeds in die arena betaal. Desperaatheid dryf ook vir Mieke om te waag om haar drome na te jaag. Maar dit beteken sy moet Vuur se vertroue wen - die één ou wat haar nie kan verdra nie. En dan is daar Jak, en alles wat ongesê bly tussen hulle... Kan sy ontsnap deur saam met Malherbe in 'n onvoorspelbare bos te gaan verdwaal? Is Ylwoud die antwoord op Charlie se verdwyning? Vir beide van hulle wag daar 'n besluit: waag of waarheid...

Maar daar is nie altyd 'n keuse nie.
Blinde Sambok
175.00 175.00 175.0 ZAR
Niemand het gedink ek sal hoor nie, maar ek hét.
Moenie dink omdat jy maar net tien minute gelede gebore is, omdat jy rooi en opgeskroef en lelik is, dat jy ook dom is, of nie kan hoor wat gepraat word nie. Jy kán.
"Hierdie hopie sprinkaanbene... Is dit 'n kind? Is dit mýne?"
Ek het my pa gehoor, en dit het die kwaad in my losgemaak, tóé al. En toe hoor ek ook die ander ding, die wat suster Van Schalkwyk vir my gesê het. Dit wat sy wat gesê het, het ek ook met my saamgevat. En dit het die wen in my losgemaak, tóé al. Want ek, die meisiekind wat my pa nie wou hê nie, moes baklei teen die vloek van die Gideon de la Reys...

Riana Scheepers, bekroonde skrywer van onder meer "Dulle Griet", "Die heidendogters jubel" en die gewilde "Katriena"-boeke, neem die leser na 'n jeugwêreld op 'n plaas waar saans na oustories om 'n misvuur geluister word. Maar altyd is daar in die jong Gideonette de la Rey se lewe die bedreiging van die blinde sambok, die bliksemstraal wat in 'n oomblik alles kan verander.
Elevation 2: The Rising Tide
205.00 205.00 205.0 ZAR
'Tempus fugit'.

Time is running out. General de Groot has seized control of Table Island City and the colony's food supply is low. Ebba tries to use her position as council member to her advantage as tensions grow on Greenhaven farm. But there are only three months left until the winter solstice, and all four amulets are still missing. It's up to her to find them in time or the world will be destroyed. And then there's Micah, the love of her life, who is spending far too much time with the gorgeous Samantha Lee while they co-lead the resistance. With nothing left to lose but his love, Ebba agrees to one final sacrifice.
Elevation 3: The Fiery Spiral
230.00 230.00 230.0 ZAR
I will find a way home.

Lost and betrayed, Ebba is swept up to the island of the gods. As a battle rages between the deities, she is charged with an impossible task: She must take the sacred necklace to the Earth Goddess, or all she loves will be destroyed.

Lucas yearns to be free, to explore the paradise he has always dreamed of. But soon he discovers that he is forced to share Ebba's fate.

In this exciting conclusion to the trilogy, Ebba battles to heal her heart... and with it, the world.
Die Optog van die Aftjoppers
70.00 70.00 70.0 ZAR
Registerperiode.
Neeltjie kap met 'n liniaal op die tafel om die vroegoggend-rumoer stil te kry.
"Goed, mense, hier is die beroepsvraelys wat julle moet voltooi."
"Ag néé, juffrou!" Die 8B's reageer met gebruiklike misnoeë.
Ek kyk na die vrae. Vir die soveelste keer dring mense daarop aan om te weet wat ek wil word.
Van: JOUBERT
Naam: JACQUES
Ouderdom: Amper skryf ek sestien. Dis nie meer lank nie.
Eerste beroepskeuse: Wat moet ek skryf? Die hoof het vanoggend voor skool in die vierkant omtrent gesmokkel met die vraelys. En die toekoms, die toekoms...
Langs my en agter my kras penne, en ek hoor papier ritsel soos die ander omblaai. Die dokters, rekenaarreuse, ouditeurs, mariene bioloë...
UITVINDER, skryf ek, kom wat wil. Dis wat ek nog altyd wou word. Soos my oom Zak.
Tweede keuse: In keurige drukletters skryf ek ONTDEKKINGSREISIGER.
Derde keuse: SKRYWER. Dis wat Neeltjie dink ek gaan word. Oor my opstelle so verbeeldingryk is.
My vraelys is net voltooi toe die interkom begin piep en kraak. Die hoof maak 'n aankondiging en begin die name aflees van die standerdagts wat aangewys is om aan die Jong Entrepreneurs-wedstryd deel te neem.
Die eerste twee name is heel voorspelbaar, maar die derde naam is 'n totale verrassing. Selfs die hoof huiwer 'n paar sekondes voordat hy lees: "Jacobus Joubert is die skool se derde en laaste inskrywing..."
Jacobus Joubert. Jacobus Joubert. Dit moet 'n fout wees, 'n grap. Die hele klas bars uit van die lag, hulle dink ook so.
'Ek sal hulle wys!' neem ek my voor.
Skadujagter
160.00 160.00 160.0 ZAR
Jy moet weet, hier's duidelik 'n paar skroewe los. Die enigste ding wat nie los is nie, si die skool se girls. And believe me, I've tried.

Laatnag skrik ek wakker. Natgesweet in my bed, my hele lyf aan die brand. Iemand is besig om teen my kamervenster te hamer. Shane. Ek herken die skaduwee wat die straatlig deur die kantgordyn gooi. Hoe de hel het hy geweet ek is hier?
"Haal asem, Heibrandt," hoor ek hom deur die glas waarsku.
"Ek gaan van tien af terugtel en as ek by een kom..."
Asem in. Wat dan? Gaan hy die venster breek?
Ek weier om vir hom oop te maak. Ek draai om op my ander sy, loer na my foon op die bedkassie en besef ek moes die alarm in my slaap doodgedruk het. Nou kan ek maar vergeet van wegkom.
Die gehamer teen my venster word al hoe harder. Ek trek die duvet oor my kop, krul my bene onder my boude in en knyp my oë toe.
'No one ever said it would be this hard, oh, take me back to the start...' Coldplay is saggies hoorbaar waar die oorfone langs my op die kussing lê. Dis dinge waaraab ek soms dink - om terug te gaan na 'n plek voor als begin skeefloop het. Na 'n plek toe ek nog kon voel, toe ek regtig nog mens was. Na 'n wêreld voor Shane en die drugs en die vretende pyn.

'n Ongewone sielkundige riller wat jou gaan laat wonder - wie's wie en wie's daar onder...
Die Woud van Sneeu en Ys
270.00 270.00 270.0 ZAR
"Ons noem jou Mysti," sê Ravka, "Dit pas by jou... Dis misterieus en mooi."

Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie.

Tot Ravka haar vind en homself oor haar ontferm. Hy en sy ma, Tóva, neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty on getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaars gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm...

Die vraag oor wie sy is, word al dringender. Sal Ravka lief wees vir iemand soos sy?

Die woud van sneeu en ys hou baie meer geheime in as wat dit voorgee. Mysti moet keer dat haar hart en identiteit deel van dié ysige landskap word.
Weg
200.00 200.00 200.0 ZAR
Niekie verdwyn spoorloos. Kort nadat sy en haar kêrel baklei het...

Die polisie is nie dadelik agterdogtig nie - Niekie het immers al voorheen die pad gevat sonder om enige iemand te sê.

Maar haar kêrek, Zack, is bekommerd. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Sal sy sommer net wegbly uit die skool sonder om enige iemand te sê? Hoekom antwoord sy nie sy oproepe nie? Ignoreer sy hom dalk net omdat sy vies is vir hom?

Toe Zack boonop haar woonstel verlate aantref, wéét hy iets is verkeerd. Baie verkeerd. Niekie se verfkwaste staan nog net soos sy dit gelos het.

Zack is seker Niekie is ontvoer. En saam met hule vriende begin hy 'n spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei... voor dit te laat is.

'n Naelbyt-spanningsverhaal vir tieners wat jou tot op die laaste bladsy sal laat asem ophou.
Baster
240.00 240.00 240.0 ZAR
Terwyl Karel self vir Potlood begrawe, neem hy hom voor om nooit weer 'n hond te hê nie. Nooit, nooit, nooit weer nie. "Ek sal seker maak ek raak nooit weer lief vir 'n hond nie, want ek wil nooit weer voel wat ek vandag voel nie," sê hy vir sy meisie. Maar gerugte van honde-ontvoerings en wrede onwettige hondegevegte, laat sy pad kruis met 'n baster-foksterriër wat heeldag aan 'n paaltjie vasgemaak, moet oorleef. Van daardie oomblik raak Karel en Baster se lewens so verweef dat hulle eindelik saam uitvind dat die pyn wat hulle tot nou toe leer ken het, nie kan opweeg teen die pyn wat nog sou kom nie.