Asterix 22: en die Groot Oorvaart
190.00 190.00 190.0 ZAR
Asterix 20: in Korsika
190.00 190.00 190.0 ZAR
Asterix 21: Caesar se Geskenk
190.00 190.00 190.0 ZAR
Asterix 36: en die Verlore Papirusrol
190.00 190.00 190.0 ZAR
Asterix 19: en die Waarsêer
190.00 190.00 190.0 ZAR
Asterix 18: Caesar se Lourierkrans
190.00 190.00 190.0 ZAR
Asterix 38: Vercingetorix se Dogter
190.00 190.00 190.0 ZAR
Wiplala
200.00 200.00 200.0 ZAR
<"Pappa!" roep Johannes. "Pappa, kyk net!"
"Stil!" roep meneer Blom. "Ek kry nie gewerk nie!"
"Maar jy móét kyk, Pappa," sê Nella Della. Sy hou haar hand 'n bietjie stywer om die mannetjie sodat hy nie kan ontsnap nie.
Meneer Blom kyk. "Wat is dit?" vra hy effens knorrig, asof hy vies is dat hulle hom oor so 'n kleinigheid pla. "Is dit 'n kabouter? Kabouters bestaan nie. Dit is dus onmoontlik. Los my nou dat ek kan werk.">

'n Kabouter is dit nie, maar 'n wiplala met die naam Wiplala. En Wiplala kan toor, of soos hy dit noem "tinkel". Die enigste probleem is dat Wiplala dit sóms regkry om te tinkel en sóms nie. Wanneer hy die Blom-gesin net so klein maak soos hy, is dit die begin van 'n opwindende avontuur. Die Bloms wonder egter of hulle ooit weer normale mense sal word!
Eendag in 'n Woeste Woud
160.00 160.00 160.0 ZAR
Klein Groenkappie is genooi na 'n partytjie, ver weg in die donker, woeste woud. Op pad ontmoet sy die Ondier met 'n gebroke hart, drie omgekrapte bere, 'n moedelose prins... om maar 'n paar te noem. Maar sal sy met al dié sprokieslandprobleme ooit daar uitkom? En boonop betyds wees vir die spesiale verassingsgas?
1000 Nuttige Woorde
220.00 220.00 220.0 ZAR
Bevorder jou kind se taal- en geletterdheidsvaardighede met hierdie prettige en kleurvolle woordeboek.

Hierdie nuttige boek is propvol sefstandige naamwoorde, werkwoorde en byvoeglike naamwoorde. Daar is 'n klomp dinge om op elke baldsy te sien en allerlei opwindende onderwerpe: van 'Wilde diere', 'Wat mense doen' en 'Storietyd' tot 'Op die plaas' en 'Kleure, vorms en getalle'.

Vyf eenvoudige, maklik leesbare stories stel nog meer woorde aan die kind bekend en help om vroeg reeds skryfvaardighede te ontwikkel.

• Geskep in samewerking met 'n vooraanstaande opvoedkundige konsultant, Penny Coltman
• Vir kinders wat nog nie lees nie, beginnerlesers en almal wat Afrikaans wil leer
• Heelwat besprekingspunte om taalontwikkeling aan te moedig
• Duidelik gemerkte prente bevorder lees- en skryfvaardighede
Moet nooit vir 'n T-Rex 'n boek wys nie
175.00 175.00 175.0 ZAR
Moet nooit vir 'n T-Rex 'n boek wys nie!
Verbeel jou wat sal gebeur as jy dit doen...

'n Skaterlagstorie propvol verbeeldingskrag, holderstebolder pret, en 'n viering van die wonder van boeke.
Tirannosourus Sot
190.00 190.00 190.0 ZAR
In die oertyd in 'n oerwoud waar dit wemel van die gras was daar platbek-dinosourusse wat swem in die moeras.
Hul roep: "Hoera vir water en vir riete en vir gras. Hoera vir waterblommetjies, want dis lekker om te plas!"

Wie het al ooit gehoor van 'n vegetariese tirannosourus? Hierdie klein dinosourus land in die verkeerde nes... Hy mag dalk klein wees, nie mooi weet waar hy hoort nie en net plante eet, maar Tirannosourus Sot is slim!
Jakkals en Wolf
230.00 230.00 230.0 ZAR
Saartjie die Spinnekop met Sewe Bene
160.00 160.00 160.0 ZAR
Saartjie lyk glad nie soos 'n gewone spinnekop nie, sy lyk meer soos 'n krap! As sy haar voorpote optrek, sal jy sowaar dink dis 'n klein krappie wat op die blom sit. Maar, Saartjie is 'n spinnekop, want het jy al ooit 'n krap op 'n blom sien sit? Daar is nog iets anders wat Saartjie anders as ander spinnekoppe maak: Sy het net sewe bene.
Hoe het dit dan gebeur?

In hierdie voorleesboek vir kleintjies en kleuters word op 'n prettige manier verduidelik waarom insekgif die verskriklikste ding op aarde is. En dat kinders met 'n kennis en liefde vir die natuur, sommer baie slimmer as grootmense is.
Die Bok wat sy Spring Verloor het
180.00 180.00 180.0 ZAR
Wat is 'n springbok sonder sy spring? Net 'n... bok?

Toe arme Springbokkie sy spring verloor, moet sy vriende hom help om dit terug te kry... met skreeusnaakse gevolge!
Ben gaan skool toe
180.00 180.00 180.0 ZAR
Ben wil nie skool toe gaan nie. Hy het nie maatjies nie en niks is lekker nie.
Maar dan lees sy mamma vir hom uit die Kinderbybel day hy spesiaal is, en Jesus is lief vir hom!
Ben besluit om dit nog een kans te gee...
Ben en die groot toets
180.00 180.00 180.0 ZAR
Ben moet sy heel eerste toets skryf en hy is baie bang. Hy raak so deurmekaar met al die letters en klanke en voel sommer naar.
Mamma herinner Ben daaraan dat Jesus altyd by hom is en hom sal help... Maar gaan Ben dit onthou wanneer hy moet toets skryf?
Die Eier
160.00 160.00 160.0 ZAR
Kort nadat Gideon 'n baie groot eier onder sy ma se lieflingshoenderhen ontdek, begin hy vir 'n babadrakie sorg. Gideon neem sy ouerlike pligte baie ernstig op. Hy gee les in 'Hoe om 'n meisie bang te maak' en 'Hoe om 'n ridder op te foeter'. Maar die draak verlang na sy eie soort, en een dag verdwyn hy...

'n Fantastiese verhaal vol avontuur en ontdekkings, met pragtige verbeeldingryke illustrasies.
Superheroes are Everywhere
190.00 190.00 190.0 ZAR