Jopie's
Accommodation
All our Accommodation
Local Accommodation
Local Accommodation Springbok
Die Ankerhuis
Bergmann's Hof
Kallie Fisher
Kokerboom
Captain's Cabin
Ou Dokters
Keerom
Eat
Art
Read
Explore
Show all activities
iReflect
Local iReflect
Local iReflect Springbok
Kinderlê
Richtersveld Transfrontier National Park
Vioolsdrif
Fort At Anenous
Klipfontein Hotel
Pella
Orbicule National Monument
The Synagogue
Cornish Beam Pump
Okiep - Cemetery
Van der Stel Mine
Smelter smoke-stack
Goegap Nature Reserve
First Dutch Reformed Church
Klipkerk
The Blue Mine
Klipkerk in Concordia
Anglican Church
Council Tree
Messelpad & The Old Jail
Horse Mill
Namaqua National Park
Soebatsfontein – The fountain
Bowesdorp
Kamieskroon
Darter’s Grave
The Methodist Church
Letterklip
Hondeklip Bay
Kleinzee
Contact us
My Cart
Sign in
Public Pricelist
Public Pricelist
Prev
2
3
4
5
6
7
8
Next
Sort by
Catalog price: High to Low
Catalog price: Low to High
Name: A to Z
Name: Z to A
Show categories
Books under R 250
Sale
Grotbaba
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
'm Astrante baba word een maanlignag deur 'n harige mammoet weggevoer. Waarheen gaan hulle? Het dit iets te make met Broeps se griffels op die muur van hulle grot?
'n Heerlik ondeunde avontuurverhaal deur twee van die wêreld se voorste skeppers van kinderboeke.
Sale
My gunsteling dierestories
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
'n Boek oor 'n slim ooievaar. 'n haastige haas en drie rammetjies in gevaar.
Hierdie vyf stories oor diere is vol kinkels en verassings wat kinders se verbeelding sal aangryp.
Kom saam met elke dier op 'n opwindende reis!
Sale
Mnr Stink
R
180.00
R
180.00
180.0
ZAR
Chloe is seker die eensaamste meisie in die wêreld. Maar toe ontmoet sy vir meneer Stink, die plaaslike boemelaar. Ja, hy ruik effens sleg - maar hy's die enigste mens wat haar nog ooit ordentlik behandel het. En wanneer meneer Stink blyplek nodig het, besluit Chloe om hom in hulle tuinhuisie weg te steek!
Maar Chloe gaan leer dat party geheime 'n manier het om op 'n ramp af te stuur. En gepraat van geheime, daar steek dalk meer in meneer Stink as wat jy met die eerste neus optrek sal agterkom...
Sale
Rotburger
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
Ontmoet Zoe. Daar is baie goed waaroor sy ongelukkig kan wees:
•Haar stiefma, Sheila, is so lui dat Zoe die snolle uit haar neus moet krap.
•Die skoolboelie, Tina Trotts, maak haar lewe ondraaglik en spoeg boonop elke dag op haar kop.
•En om alles te kroon het die bose Bart gruwelike planne met haar troetelrot.
Ek kan jou nie vertel wat Bart se planne is nie, maar daar is 'n leidraad in hierdie boek se titel...
Sale
Aaklige Ant Alberta
R
200.00
R
200.00
200.0
ZAR
Stella Saxby is die enigste erfgenaam van die Saxby-landgoed. Maar aaklige ant Alberta en haar reuse-uil sal enigiets doen om dit by haar af te vat. Gelukkig het Stella 'n geheime - en effens spokerige - wapen...
Sale
Die Boomhuis met 13 Vloere
R
195.00
R
195.00
195.0
ZAR
Andy en Terry woon in die beste boomhuis ter wêreld! Dit het 'n geheime ondergrondse laboratorium, 'n reusetenk vol haaie en 'n malvalekkermasjien wat malvalekkers in jou mond inskiet wanneer jy honger is! Pasop net vir die see-apies, en dié wat voorgee om see-apies te wees... Maar tussendeur al hierdie chaotiese plesierigheid moet die twee vriende 'n boek skryf, en die sperdatum is môre!
Sale
Die Boomhuis met 39 Vloerev
R
195.00
R
195.00
195.0
ZAR
Kom kuier saam met Andy en Terryin hulle superprettige boomhuis, nou met 39 vloere! Spring op die grootste trampolien ter wêreld, braai malvalekkers in 'n aktiewe vulkaan, swem in die sjokoladepoel, streel baba-dinosourusse... en ontmoet professor Idiotus, die wêreld se vernaamste ONT-uitvinder
Terry en Andy moet eintlik weer 'n boek indien vir hul uitgewer, mnr. Grootneus. En hulle is, soos gewoonlik, laat. Maar gelukkig het Terry 'n masjien uitgevind wat al die harde werk kan doen terwyl hulle speel en baljaar.
Dis nou te sê AS alles glad verloop...
Sale
Die Boomhuis met 52 Vloere
R
195.00
R
195.00
195.0
ZAR
Andy en Terry se ongelooflike boomhuis het nóg 13 splinternuwe, prettige vloere bygekry. Hulle het nou ook 'n waatlemoen-mokerkamer, 'n brandermasjien, 'n wortelkanon en 'n lewensgroot slangetjies-en-leertjies-speletjie (met regte lere en regte-egte lewende slange!). Daarby is daar 'n Ninjaslak-opleidingskool en 'n hoëtegnologiese speuragtenskap emt die allernuutste tegnologie vir belangrike speurwerk, wat baie nuttig te pas kom, want hulle het 'n GROOT raaisel om op te los... Meneer Grootneus het spoorloos verdwyn!
Nou ja toe, waarvoor wag jy?
Kom help die vriende om hom te soek!
Sale
Die Boomhuis met 65 Vloere
R
195.00
R
195.00
195.0
ZAR
Andy en Terry het al weer aangebou! Hulle verstommende boomhuis met 65 vloere het nou 'n troeteldiersalon (Jill is die baas daar), 'n verjaardagkamer waar dit altyd jou verjaardag is (al is dit nie), 'n dryfsandput, 'n mierplaas, 'n kamer vol ontploffende oogballe, en Boom-TV: 'n nuuskanaal wat jou op hoogte hou van allerhande boomnuus, skindernuus en weervoorspellings.
Jip! Andy en Terry se boomhuis het alles... behalwe 'n boupermit! En die bou-inspekteur is op pad met 'n weermag sloopmasjiene...
Sal Terry se tydmasjien die twee vriende se boomhuis kan red?
Sale
My gunsteling slaaptydstories
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
'n Boek oor 'n wolf en 'n meisie, twee muise en 'n gemmerbroodhuisie.
Hierdie vyf geliefde klassieke stories al kinders op 'n onvergeetlike avontuur neem.
Maak reg vir 'n opwindende reis!
Sale
Kris de Kat
R
190.00
R
190.00
190.0
ZAR
Kris de Kat was 'n straatsangers-kat,
'n straatsangers-kat was hy.
En by die Leeu in Lelielaan was Klaas en Kris te kry
waar mense luister in 'n kring
na Kris wat miaau en Klaas wat sing:
"Hier gaan alles gaaf en goed.
Gooi tog ietsie in ons hoed.
Dis ek en hy en 'n ou kitaar,
en hier sing ons ons liedjies klaar."
Sale
Jy sê, ek sê, ons sê
R
155.00
R
155.00
155.0
ZAR
Leef jy volgens rubriek?
Sê hulle djou Afrikaans is vasgestiek?
Dalk is jy poffertjie-fraai
Maar hulle sê jou Afrikaans maak lawaai
Geen spesifisering, geen kleuverdeling
Ons pluk rond aan woordspeling
Afrikaans is my huis en taal
"Djy kan dit weer sê, broer Jamaal!"
Sale
Monster Grappe
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
Wat kry jy tussen Godzilla se tone?
Na watter sepie kyk spoke graag?
Wat maak: "Ha-Ha-DOEF"?
Weerwolwe, spoke en zombies baljaar saam met beroemde monsters soos Dracula, King Kong en Frankenstein se monster in hierdie skaterlag-grapboek. En as jy klaar gelag het, is daar selfs 'n resep om jou eie monsterslym te maak!
Sale
Nog 13 Spookstories
R
240.00
R
240.00
240.0
ZAR
Het jy senuwees van staal?
Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te lê en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruit krap nie?
Dan is dit net die boek vir jou!
Hierdie splinternuwe versameling bevat nóg 13 spookstories wat jou bloed yskoud sal laat word.
So, trek toe die gordyne, klim in jou bed... en maak gereed om allerlei gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.
Sale
Redder van die Ryk: Die koning se weermag
R
190.00
R
190.00
190.0
ZAR
Alfie het op veertien koning geword. Nie net koning nie, maar die Redder van 'n ryk wat in 'n nuwe donker eeu gedompel is.
Die Redder het die stryd teen die Swart Draak verloor, en die Verenigde Koninkryk is nou in die kloue van opperbeskermheer Lock en sy weermag van ondooie Vikings en beserkers. Intussen begin Hayley 'n weerstandsbeweging in Londen se agterstrate. Alfie pak die hewige stryd aan om sy land terug te wen - gelukkig met die hulp van lojale vriende van die Ryk. Maar daar is 'n nuwe gevaar wat in die donker skuil...
Kan Alfie en sy vriende Lock keer voordat hy Hel op aarde loslaat?
/Die laaste boek in 'n aksiebelaaide trilogie./
Sale
Mulan, and other tales of heroes
R
170.00
R
170.00
170.0
ZAR
These four stories are very old, and many of them are about special people or animals. Is your favourite hero in this book?
Penguin Readers is a series of popular classics, exciting contemporary fiction and thought-provoking non-fiction, written for learners of English as a foreign language. The series is aligned to the Common European Framework of Reference for Language and includes language activities that help develop key skills.
Sale
Max die Masjien
R
160.00
R
160.00
160.0
ZAR
Sale
Eerste Liefde Omnibus 1
R
195.00
R
195.00
195.0
ZAR
Drama, humor... en natuurlik liefde en liefdesdriehoeke. Lees drie van die gewildste stories in die "Eerste liefde"-reeks in hierdie lekker omnibus.
In "Rugbyballe en bikini's" besluit Anelle dat niks haar vakansie op Duinebaai gaan bederf nie. Hunks wat rugby speel is in elk geval só vorige eeu. Maar wat is dit met Martin Nel dat hy haar so anders laat voel? En dan natuurlik wéér Jenni wat alles kom omkrap. Dis tyd vir wraak, besluit Anelle. Maar wraak smaak tog nie so soet soos Smarties nie.
In "Daar's 'n ou in my aarbei-smoothie" is Yolandé se liefdeslewe 'n ramp. Tot 'n geheime bewonderaar allerhande boodskappe en geskenke in haar tas begin wegsteek... Wie is dit? Wil sy hom ooit hê? Sê nou dis die aantreklike donkerkop, die nuwe ou in graad elf op wie al die meisies verlief is?
In "My hart klop muffins" wil Kat graag van haar vervelige lewe ontsnap. Maar alles bly saai. Naweke werk sy en Van Aardt op die kunsmark en by die skool het sy te doen met irriterende mense soos Marlé Groenewald. Tot hý op die toneel verskyn: die sexy ou met die ontwerperstoppels en die romantiese Franse naam wat haar hart muffins laat klop. Maar wat is Pierre se donker geheim?
Sale
Die Goorste Week Ooit!: Woensdag
R
200.00
R
200.00
200.0
ZAR
Het jy al ooit 'n GOOR WEEK gehad?
Justin Chase het, en dis hoekom:
Hy het Maandag en Dinsdag skaars oorleef, en nou is dit... Woensdag!
Sy kat is steeds spoorloos weg. Hy word per ongeluk 'n internetsensasie. En op die oomblik swem haaie in sirkels om hom, want hy's vasgekeer in 'n hart-gaan-staan, mond-hang-oop, lewe-op-die-spel SOS-penarie saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand!
Sale
Die Goorste Week Ooit!: Dinsdag
R
190.00
R
190.00
190.0
ZAR
Het jy al ooit 'n GOOR WEEK gehad?
Justin Chase het, en dis hoekom:
Hy het Maandag skaars oorleef, en nou is dit... Dinsdag!
Sy kat is steeds weg en is waarskynlik deur aliens ontvoer. Hy skaam hom meer as ooit vir sy pa. Hy het onverwags op die ergste manier moontlik 'n internetsensasie geword. Boonop val fotodag by sy nuwe skool saam met die Wetenskap-skouspel en dit ontaard in 'n bibberboud-en-tandeklapramp van epiese proporsies!
Prev
2
3
4
5
6
7
8
Next